Sy het op 9 jarige ouderdom belangstelling getoon in sang. Sy het by verskeie karaoke kompetisies opgetree en hoevele gewen. In Graad 8 was sy seker die jongste meisie wat ooit die talent kompetisie in Hoerskool Despatch gewen het, sy het dit ook in graad 12 gewen. Sy het so 4 jaar terug begin kitaar speel en doen ook heelwat solo vertonings. Karla het ‘n besonderse sterk stem en die X-faktor is duidelik te hoor wanneer sy optree. Sy is baie professioneel in haar optredes en weet hoe om haar gehoor te lees. Hulle het baie dieselfde stokperdjies soos pool, skaak, tafeltennis, ens en Karla het ook provinsiale kleure vir skaak en 8-ball pool. Sy het die dames trofee vir 8 Ball pool in die Despatch/Uitenhage liga al ‘n paar keer gewen asook die beker vir die Top 32 se beste speler. Haar passie is musiek en hulle beplan nog groot dinge vir die toekoms. Karla het die BLC kompetisie in die Oos-Kaap in 2020, asook die Kollig kompetisie in die Kykerskeuse afdeling in 2021 gewen.
Sy het ook aan Begin Sing deelgeneem en 2de gekom. Daarna was sy een van die 15 finaliste in die grootste Country kompetisie in SA, genaamd Bakgat Country Star Search. Volgens haar is dit tot nou toe nog die beste oomblik van haar lewe toe sy aangekondig word as die Vrouewenner van hierdie kompetisie.
Dit is besig om groot deure oop te maak vir haar, en ons is baie opgewonde om te sien wat volgende gaan gebeur!
No upcoming events. Check back later!
No reviews yet. Be the first to review!